Kerk op Bloed

Vir die Kerk op Bloed in Sint Petersburg, sien Kerk van die Verlosser op Bloed.
Kerk op Bloed

Volle plaaslike naam Храм-на-Крови́ во и́мя Всех святы́х, в земле́ Росси́йской просия́вших
Stad Jekaterinburg
Land Rusland
Denominasie Russies-Ortodokse Kerk
Status Kapel
Funksies Spesiale geleenthede
Eerste sooi gespit 23 September 1992
Gebou 2000-'03
Jekaterinburg se Kerk op Bloed is gebou op die plek waar die laaste tsaar en sy gesin tereggestel is.

Die Kerk op Bloed in Jekaterinburg (Russies: Храм-на-Крови́ во и́мя Всех святы́х, в земле́ Росси́йской просия́вших, Chram-na-Krowi wo imja Fsjech swjatich, w zemle Rossijiskoi prosijafsjich, "Kerk op Bloed ter ere van alle heiliges wat die land Rusland verlig") is 'n Russies-Ortodokse kerkgebou. Dit staan op die terrein van die Ipatijef-huis in Jekaterinburg, waar Nikolaas II, die laaste keiser van Rusland, en sy gesin saam met lede van hulle huishouding tydens die Russiese Burgeroorlog deur Bolsjewiste doodgeskiet is en gedenk die heiligverklaring van die Romanofs.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search